Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Ricotta

Ricotta
Oorsprong  Vlag van Italië Italië
Melkbron  Skape, koeie, bokke, Italiaanse waterbuffels
Eienskappe
Tekstuur  Vars; sag tot halfsag
Veroudering  Geen, of tot ’n jaar

Ricotta is ’n Italiaanse weikaas wat van die wei van ’n skaap, koei, bok of Italiaanse waterbuffel deur die byvoeging van vars melk of room en suurlemoensuur gemaak word. Die wei is wat oorbly nadat kaas gemaak is - in Italië hoofsaaklik pecorino, mozzarella of provolone.

Ricotta salata of gesoute ricotta is van 'n vaste tekstuur. Hierdie variant word gepers en gedroog en eers deur 'n verouderingsproses gevorm

Ricotta beteken letterlik "weer gekook". Die proteïen kan geoes word as die wei eers toegelaat is om suurder te word deur bykomende gissing (deur dit vir 12–24 uur teen kamertemperatuur te los). Dan word die versuurde wei verhit totdat dit byna kook. Die kombinasie van ’n lae pH en hoë temperatuur laat die proteïen van karakter verander en veroorsaak dat dit afsak, en so vorm ’n fyn wrongel. Nadat dit afgekoel is, word dit geskei deur die vloeistof deur ’n fyn doek te gooi; die wrongel bly dan agter.

Ricottawrongel is roomwit van kleur en effens soet. Die vetinhoud hang af van die soort melk wat gebruik is.[1][2] In hierdie vorm is die tekstuur soortgelyk aan dié van sekere maaskase, maar taamlik ligter. Dit verderf gou, hoewel daar ook variasies is wat veel langer hou.

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2017. Besoek op 14 September 2017.
  2. http://www.weightlossresources.co.uk/calories-in-food/cheese/ricotta-cheese.htm

Previous Page Next Page






Ricotta ALS ريكوتا Arabic ريكوتا ARZ Rikotta AZ Рыкота BE Рикота Bulgarian རི་ཀོ་ཏ། (ཆུར་བ།) BO Ricotta BS Ricotta Catalan Ricotta Czech

Responsive image

Responsive image