Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Riddervlinder

Riddervlinders
Een van die swaelsterte, die suid-Asiatiese Parys-pouswaelstert
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Orde: Lepidoptera
Superfamilie: Papilionoidea
Familie: Papilionidae
Latreille, [1802]
Tipegenus
Papilio
Subfamilies en genera

Daar is 31 genera en omtrent 600 spesies:

Riddervlinders is groot, kleurryke skoenlappers van die familie Papilionidae. Daar is meer as 550 spesies,[1] en alhoewel die meerderheid tropiese soorte is, word 'n aantal soorte op al die kontinente behalwe Antarktika aangetref. Die familie bevat die grootste van alle skoenlappers, naamlik die Australasiese voëlvlerke (genus Ornithoptera).[2]

Riddervlinders word van alle ander skoenlappers onderskei deur 'n aantal anatomiese kenmerke. Mees opmerklik beskik hul ruspes oor 'n unieke orgaan agter die kop, die sogenaamde osmaterium. Hierdie gewoonlik verskuilde orgaan, kan uitgestulp word om 'n gevurkte struktuur te vorm wanneer die ruspe bedreig word, of uitgedwing word deur sagte druk op die ruspe uit te oefen. Dit skei 'n onwelriekende terpeenstof af. Die volwassene se vlerke is dikwels met sterte toegerus, soos die gevurkte sterte van sekere swaels, wat bv. aan die swaelsterte hul naam gee.

  1. Häuser, Christoph L.; de Jong, Rienk; Lamas, Gerardo ; Robbins, Robert K.; Smith, Campbell & Vane-Wright, Richard I. (28 Julie 2005). "Papilionidae – revised GloBIS/GART species checklist (2nd draft)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 8 November 2010.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Reed, Robert D.; Sperling, Felix A.H. (2006). "Papilionidae – The Swallowtail Butterflies" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2020. Besoek op 7 November 2010.

Previous Page Next Page