Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Rigveda


Rigveda
Die vier Vedas.
Die vier Vedas.
Godsdiens Hindoeïsme
Taal Sanskrit
Tydperk c. 1500-1000 v.C.
Inhoud
Hoofstukke 10 mandalas
Verse 10 552 mantras
’n Rigveda-manuskrip in Devanagari, vroeg 19de eeu.

Die Rigveda of Rig Veda (Sanskrit: ऋग्वेद, van ऋच् ṛc, "lof", en वेद veda, "kennis") is ’n antieke Indiese versameling Sanskrit-gesange. Dit is een van die vier kanonieke heilige geskrifte (śruti) van Hindoeïsme wat as die Vedas bekend is.[1][2]

Die Rigveda is die oudste bekende Vediese Sanskrit-geskrif[3] en een van die oudste bestaande geskrifte in enige Indo-Europese taal.[4] Die inhoud van die Rigveda is sedert die 2de millennium v.C. mondeling oorgedra.[5][6][7] Filologiese en histories linguistiese bewyse dui daarop dat die grootste deel in die noordwestelike streek van die Indiese subkontinent saamgestel is, heel moontlik tussen omstreeks 1500 en 1000 v.C.,[8][9] hoewel omstreeks 1700 tot 1000 v.C. ook al aangedui is.[10]

Die geskrifte bestaan uit verskillende dele, die Samhita, Brahmanas, Aranyakas en Upanishads. Die Rigveda Samhita is die kernteks; dit is ’n versameling van 10 boeke (mandalas) met 1 028 gesange (suktas) in sowat 10 600 verse (ṛc). In die agt boeke wat eerste saamgestel is – Boek 2 tot 9 – bespreek die gesange hoofsaaklik kosmologie en prys gode.[11][12] Die onlangser boeke – Boek 1 en 10 – behandel deels ook filosofiese en spekulatiewe vrae,[12] deugde soos dana (welsyn) in die gemeenskap,[13] vrae oor die oorsprong van die heelal en die aard van die goddelike, en ander metafisiese kwessies.[14]

Sommge van die verse word steeds tydens Hindoevierings van deurgangsrites (soos troues) en gebede opgesê, wat dit waarskynlik die wêreld se oudste godsdiensgeskrif maak wat aaneen gebruik is.[15][16]

  1. Michael Witzel (1997), The Development of the Vedic Canon and its Schools : The Social and Political Milieu, Harvard University, in Witzel 1997, pp. 259 –264
  2. Antonio de Nicholas (2003), Meditations Through the Rig Veda: Four-Dimensional Man, ISBN 978-0-595-26925-9, p. 273
  3. Stephanie W. Jamison; Joel Brereton (2014). The Rigveda: 3-Volume Set. Oxford University Press. p. 3. ISBN 978-0-19-972078-1.
  4. Edwin F. Bryant (2015). The Yoga Sutras of Patañjali: A New Edition, Translation, and Commentary. Farrar, Straus and Giroux. pp. 565–566. ISBN 978-1-4299-9598-6.
  5. Wood, Michael (2007), The Story of India Hardcover, BBC Worldwide, ISBN 978-0-563-53915-5 
  6. Hexam, Irving (2011), Understanding World Religions: An Interdisciplinary Approach, Wilfrid Laurier Univ. Press, ISBN 978-0-310-31448-6 
  7. Dwyer, Rachel (2013), What Do Hindus Believe?, Granta Books, ISBN 978-1-84708-940-3 
  8. Flood, Gavin D. (1996), An Introduction to Hinduism, Cambridge University Press 
  9. Anthony, David W. (2007), The Horse The Wheel And Language. How Bronze-Age Riders From the Eurasian Steppes Shaped The Modern World, Princeton University Press 
  10. Lucas F. Johnston, Whitney Bauman (2014). Science and Religion: One Planet, Many Possibilities. Routledge. p. 179.
  11. Werner, Karel (1994). A Popular Dictionary of Hinduism. Curzon Press. ISBN 0-7007-1049-3.
  12. 12,0 12,1 Stephanie Jamison en Joel Brereton (2014), The Rigveda : the earliest religious poetry of India, Oxford University Press, ISBN 978-0-19-937018-4, ble. 4, 7-9
  13. C Chatterjee (1995), Values in the Indian Ethos: An Overview[dooie skakel], Journal of Human Values, Vol 1, No 1, ble. 3-12
  14. Antonio de Nicholas (2003), Meditations Through the Rig Veda: Four-Dimensional Man, ISBN 978-0-595-26925-9, pp. 64 –69;
    Jan Gonda, A History of Indian Literature: Veda and Upanishads, Volume 1, Part 1, Otto Harrassowitz Verlag, ISBN 978-3-447-01603-2, ble. 134-135;
  15. Klaus Klostermaier (1984). Mythologies and Philosophies of Salvation in the Theistic Traditions of India. Wilfrid Laurier University Press. p. 6. ISBN 978-0-88920-158-3.
  16. Lester Kurtz (2015), Gods in the Global Village, SAGE Publications, ISBN 978-1-4833-7412-3, bl. 64

Previous Page Next Page






ርግ ቬዳ AM ऋग्वेद ANP ريجفيدا Arabic ঋকবেদ AS Rigveda AST Riqveda AZ Ригведа BA Régwéda BAN Rigvėda BAT-SMG Rigveda BCL

Responsive image

Responsive image