Roderik | |
---|---|
Koning van die Wes-Gote | |
Bewind | 710 - 711 |
Voorganger | Wittiza |
Opvolger | Achila II |
Gade | Egilona |
Roderik was die laatste koning van die Wes-Gote in Spanje en het vir 'n kortstondige periode van 710 tot 711 regeer. Hy is 'n relatief obskure figuur in die geskiedenis oor wie min met sekerheid gesê kan word.
Roderik verower die troon van Achila II, die seun van die oorlede koning Wittiza. Hy is later deur Moslem-magte verslaan, wat Spanje onder aanvoering van Tariq ibn-Ziyad vanuit Noord-Afrika binnegeval het, en verdrink in die rivier die Guadalete. Daar word geglo dat sy weduwee, Egilona met Abd al-Aziz Ibn Musa getrou het.