Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Rookgat

Swart rookgate is in 1979 die eerste keer op die Oos-Pasifiese Rug ontdek.
'n Wit rookgat naby Japan.

Rookgate kom voor by hipotermiese bronne op die bodem van die diepsee. Hier ontsnap warm water, wat verskeie opgeloste minerale bevat, en meng met die kouer omliggende water. In die proses slaan die opgeloste minerale in rofweg ronde mineraalstrukture neer en vorm donker of ligte wolke fyn deeltjies, na gelang van hulle samestelling. Dit wek die indruk van 'n rookwolk wat uit 'n skoorsteenvormige struktuur trek.

Sommige van dié strukture kan tot 60 m hoog word.[1] 'n Voorbeeld was "Godzilla", 'n struktuur op die bodem van die Stille Oseaan naby Oregon wat 40 m hoog geword het voordat dit in 1996 omgeval het.[2]

  1. Perkins, S. (2001). "New type of hydrothermal vent looms large". Science News. 160 (2): 21. doi:10.2307/4012715. JSTOR 4012715.
  2. Kelley, Deborah S. "Black Smokers: Incubators on the Seafloor" (PDF). p. 2.

Previous Page Next Page