Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Saaltennis

Falkland Paleis jeu quarré court

Saaltennis (Engels: real tennis, Frans: courte-paume of jeu de paume) is die oorspronklike weergawe van tennis wat uit die middeleeuse Franse sport jeu de paume ontwikkel het. Dit word in Frankryk soms steeds jeu de paume genoem en staan in sommige dele van die Verenigde State as court tennis bekend.

Die Engelse term "real tennis" is vir die eerste keer aan die einde van die 19de eeu gebruik as 'n retroniem om dit te onderskei van die toe onlangs uitgevinde lawn tennis. In Engeland noem saaltennisspelers die spel baiekeer "tennis" en noem hulle die moderne spel "lawn tennis".

Saaltennis word steeds op 'n klein aantal bane in die Verenigde Koninkryk[1] Australië,[2] die VSA,[3] Ierland,[4] Nederland [5] en Frankryk[6] gespeel. Die sport word ondersteun en bestuur deur 'n aantal saaltennisorganisasies in die lande.

  1. The Tennis and Rackets Association, besoek op 13 Oktober 2007
  2. Real Tennis Australia.com Geargiveer 29 September 2007 op Wayback Machine, besoek op 13 Oktober 2007
  3. Court Tennis in the United States Geargiveer 11 Oktober 2007 op Wayback Machine, besoek op 13 Oktober 2007
  4. Irish Real Tennis Association, besoek op 13 Oktober 2007
  5. Nederlandse Real Tennis Bond, besoek op 13 Oktober 2007
  6. Comité français de Courte-Paume Geargiveer 9 Oktober 2007 op Wayback Machine, besoek op 13 Oktober 2007

Previous Page Next Page






Tenis brenhinol CY Real tennis English Courte paume French Hôftennis FY 리얼 테니스 Korean Вистински тенис MK Реал-теннис Russian Caitch SCO Real tennis SIMPLE Real tennis Swedish

Responsive image

Responsive image