Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Sajjid

Sajjid of sajed (Arabies vir "heer") is ’n Arabiese titel vir manlike afstammelinge van die profeet Mohammed se kleinseun, Hoessein.

Daar is twee takke afstammelinge: die Hassaniede en die Hoesseiniede. Mohammed het ’n dogter, Fatima, gehad wat met Ali, die vierde kalief, getroud was. Hulle het twee seuns, Hassan en Hoessein, gehad. Die manlike afstammelinge van Hassan het by voorkeur die titel "sjarief" gekry en die afstammelinge van Hoessein die titel "sajjid", maar die titels is dikwels deurmekaar en naas mekaar gebruik. Vroue het die titel "sjariefa" of "sajjida" gekry.

In Standaardarabies is sajjid ook die gewone woord vir heer en word dit as aanspreekvorm vir mans gebruik, wat dan "meneer" beteken.


Previous Page Next Page






سيد Arabic Seyid AZ سید AZB Сәйет (титул) BA সৈয়দ Bengali/Bangla Sàyyid Catalan سەید CKB Sayyid Danish Sayyid German Sey DIQ

Responsive image

Responsive image