Sambesi | |
---|---|
Hoofstad: | Katima Mulilo |
Grootste stad: | Katima Mulilo |
Webwerf: | www |
Sambesi (Engels: Zambezi), tot om middernag op 8 Augustus 2013 Caprivi, is een van die 14 streke van Namibië. Die streek is voorheen genoem na die Kaprivistrook, wat op sy beurt vernoem is na die Duitse kanselier, Leo von Caprivi. Sambesi se hoofdorp en grootste nedersetting is Katima Mulilo. Die streek word in die weste begrens deur Kawango-Oos. Die goewerneur is Lawrence Sampofu (Swapo).[1]
In die Namibiese plaaslike en streekverkiesings het 2015 Swapo in al agt kiesafdelings gewen.[2]