Seksposisies is posisies wat mense inneem tydens of vir die doel van seksuele omgang of ander seksuele aktiwiteite. Dit word gewoonlik genoem na die posisie wat die deelnemers inneem vir die seksdaad. Hoewel seks gewoonlik die penetrasie van een persoon se liggaam deur ’n ander persoon behels, of die direkte stimulasie van die een se geslagsorgaan deur die ander, is dit nie altyd die geval nie.
Drie kategorieë seksuele omgang word gewoonlik beoefen: vaginale omgang, wat penetrasie van die vagina behels; anale penetrasie; en orale seks, wat die stimulasie van die een persoon se geslagsorgaan deur die ander persoon se mond behels. Meer as een van dié dade kan tydens seks uitgevoer word.[1] Seksdade kan ook ander soorte genitale stimulasie behels, soos solo- of wedersydse masturbasie, wat die vryf van ’n geslagsorgaan of penetrasie met ’n vinger of seksspeelding, soos ’n dildo of vibrator, behels. Daar is verskeie seksposisies wat in enige van die seksdade ingeneem kan word.