'n Skanskorf of korfskans is 'n kubusvormige mandjie van metaal (ogiesdraad van gegalvaniseerde staal) wat met klippe volgemaak en gebruik word om grond te verstewig. Dit word opgerig om gronderosie teë te sit. Hierdie kubusvormige draadwerk is sterk en buigsaam; as die grond, humus, maar ook plantwortels eers tussen die rotse deurgesyfer of deurgroei, sodat die mandjie vol is, stabiliseer dit die wal en sal die klippe in dieselfde formasie bly, selfs lank nadat die mandjie verweer het. Die ogiesdraad roes en breek mettertyd af, sodat slegs die klippe oorbly.[1]
Om geotekstiel binne-in skanskorf by te voeg, die gaas met spiraalhaakstruktuur te verbind en dit met sand of gruis te vul, is genoeg om 'n hesco-versperring te vorm. Hesco-versperring word wyd gebruik in militêre verdediging en vloed- en ontploffingsvoorkomingsprojekte.[2]