Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Skeerkwas

'n Man seep sy vel met 'n skeerkwas en -room voordat hy sy baard skeer

'n Skeerkwas word gebruik wanneer daar "nat geskeer" word. Die kwas word in 'n skeerroom of -middel gedoop om die vel voor die skeerproses in te seep.

'n Tradisionele skeerkwas.

'n Tipiese skeerkwas bestaan uit 'n kort handvatsel met hare. Die hare van die kwas kan van plastiek of die hare van dassies, varke of perde gemaak word. Die handvatsel word gewoonlik van hout, ivoor, kristal of porselein vervaardig. Die handvatsels van duurder kwasse kan van goud- of silwerinsetsels voorsien wees.

Die moderne skeerkwas het in die 1750's in Frankryk ontstaan. In die 1800's het toevoubare skeermesse dit vir mans prakties gemaak om hulself te skeer, eerder as om 'n haarkappersalon te besoek. Die skeerkwas het vinnig 'n statussimbool geword en 'n duur of eksentrieke kwas is as bevestiging van 'n man se persoonlikheid of selfs sy rykdom gesien.


Previous Page Next Page






فرشاة الحلاقة Arabic Broust-barv BR Brotxa d'afaitar Catalan Rasierpinsel German Shaving brush English Brocha de afeitar Spanish Bizar-brotxa EU فرچه اصلاح FA Partasuti Finnish Blaireau (rasage) French

Responsive image

Responsive image