Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Slapskyf

'n Slapskyf

'n Slapskyf is 'n databergingmedium wat bestaan uit 'n dun, slap, magnetiese medium wat in 'n vierkantige/reghoekige plastiekomhulsel verpak word. Slapskywe is in 1967 by IBM deur Alan Shugart uitgevind en was oorspronklik 8 duim / 200 mm groot. Die eerste persoonlike rekenaar wat 'n slapskyfleser gehad het, is in 1981 deur IBM vervaardig. Later is ook 5¼ duim / 133⅓ mm skywe vervaardig en meer onlangs die algemene 3½-duim / 90 mm stiffie. Slapskywe was sedert die middel van die sewentigerjare tot in die laat negentigs 'n gewilde medium vir databerging. Alhoewel slapskywe steeds 'n beperkte gebruik geniet, is USB-skywe, CD-ROM's en DVD-ROM's tans meer algemeen.


Previous Page Next Page