Slawerivier | |
---|---|
Amerikaanse wit-pelikane by die Slawerivier. | |
Die stroomgebied van die Slawerivier. | |
Oorsprong | Saamvloei van Peace- en Athabascarivier naby die Athabascameer, Alberta (Kanada) |
Monding | Fort Resolution, Noordwestelike gebiede Groot Slawemeer |
Stroomgebied | Alberta, Noordwestelike gebiede (Kanada) |
Lengte | 434 km (270 myl) |
Oorspronghoogte | 210 m (690 vt) |
Mondinghoogte | 160 m (520 vt) |
Gemiddelde afloop | 3 414 m³/s (120 600 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 616 400 km² (238 000 myl²)[1] |
Die Slawerivier (Engels: Slave River; Frans: rivière des Esclaves) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Wes-Kanada. Die Slawerivier het 'n lengte van 434 km en vloei deur die Kanadese provinsie Alberta en die Noordwestelike gebiede. Die Slawerivier is 'n sytak van die Mackenzierivier. Die volledige Finlay-Peace-Slawe-Mackenzie-rivierstelsel is die 13dte grootste rivierstelsel wêreldwyd.
Die Platterivier ontstaan uit die saamvloei van die Peace- en Athabascarivier naby die Athabascameer, Alberta, waarna dit in 'n noordelike rigting deur dié provinsie vloei. Verder noord bereik dit die Noordwestelike gebiede, waar dit naby Fort Resolution in die Groot Slawemeer uitmond.
Die Slawerivier is nie na slawe genoem nie; die naam is afgelei van die Slavey, 'n Eerste Nasie wat in die gebied gebly het. Die Indiaanse bevolking is in Engels vroeër Slave genoem, maar die naam is later na Slavey verander om 'n assosiasie met slawerny te vermy. Die naam van die rivier is egter nie aangepas nie.