Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Snowtown-moorde

Snowtown-moorde
Land  Australië
Misdaadbesonderhede
Plek Suid-Australië
Datum(s)  Augustus 1992 – Mei 1999
Slagoffers  12

Die Snowtown-moorde was ’n reeks moorde wat tussen Augustus 1992 en Mei 1999 in Suid-Australië gepleeg is deur John Bunting, Robert Wagner en James Vlassakis.[1] ’n Vierde persoon, Mark Haydon, is skuldig bevind aan medepligtigheid om van die lyke ontslae te raak. Die verhoor was een van die langstes en opspraakwekkendstes in Australië. Dit was ook bekend as die bodies-in-barrels murders.[2]

Net een van die slagoffers is vermoor in Snowtown, ’n dorp sowat 140 km noord van Adelaide, en nie een van die slagoffers of moordenaars was van dié dorp nie. Hoewel die motief vir die moorde onduidelik is, het Bunting die moordenaars laat verstaan die slagoffers is pedofiele, homoseksuele of "swak". In minstens sommige van die gevalle is die moorde voorafgegaan deur martelings en pogings om geld uit die slagoffers te kry.

  1. Newton, Michael (1 Januarie 2006). The Encyclopedia of Serial Killers. Infobase Publishing. 242–244. ISBN 978-0-8160-6987-3. Besoek op 14 Maart 2014.
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named haydon trial

Previous Page Next Page






جرائم قتل سنوتاون Arabic স্নোটাউন হত্যাকাণ্ড Bengali/Bangla Snowtown murders German Snowtown murders English Snowtown murders Dutch Snowtownmorden Swedish

Responsive image

Responsive image