Somatisasiesteuring | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Klagtes van liggaamlike ongemak, insluitende hoofpyn, kenmerk ’n somatisasiesteuring. | ||
ICD-10 | F45.0 | |
ICD-9 | 300.81 | |
DiseasesDB | 1645 | |
MedlinePlus | 000955 | |
eMedicine | ped/3015 | |
MeSH | D013001 | |
Mediese waarskuwing |
Somatisasiesteuring (ook bekend as Briquet-sindroom) is ’n geestesteuring wat tot uiting kom in herhaalde en veelvoudige klagtes oor somatiese (liggaamlike) simptome. Klagtes sluit dikwels pyn, maagdermongemak, seksuele probleme, pseudoneurologiese probleme soos geheueverlies of asemhalingsprobleme in. Die steuring kan ook voorkom tydens, of verbind word met, ’n mediese toestand. Pasiënte met somatisasiesteuring toon ook hoë vlakke van kommer en angstigheid en oormatige klagtes van liggaamsimptome.[1] Mense met die steuring raadpleeg gewoonlik verskeie dokters in hul soeke na doeltreffende behandeling.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)