Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Steenbrasdam

Steenbrasdam
Steenbrasdam, ingewig tussen die Hottentots Hollandberge en die Kogelberge (Valsbaai op die voorgrond).
Steenbrasdam, ingewig tussen die Hottentots Hollandberge en die Kogelberge (Valsbaai op die voorgrond).
Amptelike naam Steenbrasdam
Ligging Hottentots Hollandberge
Provinsie/Land Wes-Kaap, Suid-Afrika
Koördinate 34°09′47″S 18°55′12″O / 34.16306°S 18.92000°O / -34.16306; 18.92000
Dam in Steenbrasrivier
Doel Besproeiing en huishoudelik
Openingsdatum 1921 (opgeknap in 1989)
Eienaar Departement van Waterwese
Soort dam Grondvulling
Hoogte van wal 36 m
Reservoir Steenbrasdam reservoir
Kapasiteit 3 560 000 m3
Opvanggebied 3.2 km2
Damoppervlak 35 ha

Die Steenbrasdam is in die Steenbrasrivier geleë naby Gordonsbaai, in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit strek sowat 8 km in 'n nou riviervallei in die Hottentots-Hollands-berge op en beslaan 'n oppervlakte van 397 ha wanneer die dam vol is.

Die dam voorsien water aan Kaapstad en word deur die stad se munisipaliteit beheer. Voordat die oorspronklike bouwerk in 1921 voltooi is, was die stad afhanklik van 'n aantal klein opgaardamme wat hul water ontvang het van strome wat op Tafelberg ontspring. Die Steenbrasrivier ontspring in die reënryke gebied van die Hottentots-Hollandsberge waar die neerslag soms 1 900 mm per jaar is.

Ondanks die klein opvanggebied van 67 km2, is die gemiddelde watertoevloei na die dam tydens die reënseisoen derhalwe relatief hoog, naamlik 34 miljoen m3. Die damwal is sedert 1921 altesaam 4 keer verhoog: in 1924 (6 m), in 1927 (11,5 m), in 1954 (1,35 m) en in 1957 (6 m).

Die betonboogwal het 'n kruinlengte van 412 m en is aan die suidelike punt van die Steenbrasriviervallei gebou. Onderkant die dam is die rivierbedding met onder meer rotstuine en terrasse verfraai en kampeerterreine is ook in die omgewing aangelê.


Previous Page Next Page






Steenbras Dam English سد استنبراس FA Dam ɗin Steenbras HA Ihe Mmiri Steenbras IG ГАЕС Steenbras Ukrainian Steenbras Dam YO

Responsive image

Responsive image