Stord kommune | |
---|---|
Uitsig oor die dorp Leirvik | |
![]() Stord binne Vestland | |
Koördinate: 59°48′29″N 05°27′59″O / 59.80806°N 5.46639°O | |
Land | Noorweë |
Provinsie | Vestland |
Distrik | Sunnhordland |
Gestig | 1 Januarie 1838 |
Administratiewe sentrum | Leirvik |
Regering | |
• Burgemeester (2015) | Gaute Straume Epland (Ap) |
Oppervlak | |
• Totaal | 143,73 km2 (55,49 vk. myl) |
• Land | 137,45 km2 (53,07 vk. myl) |
• Water | 6,28 km2 (2,42 vk. myl) 4.4% |
Oppervlakrang | 316 in Noorweë |
Bevolking (2020) | |
• Totaal | 18,759 |
• Rank | 68 in Noorweë |
• Digtheid | 136,5/km2 (354/vk. myl) |
• Verandering (10 jaar) | 6,8% |
Demoniem(e) | Stordabu, Stording[1] |
Tydsone | UTC+01:00 (SET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (SEST) |
ISO 3166-kode | NO-4614 |
Amptelike taalvorm | Nynorsk[2] |
Webwerf | stord |
Stord is 'n munisipaliteit in die provinsie Vestland, Noorweë. Dit is in die tradisionele distrik Sunnhordland geleë . Stord word soms "Noorweë in miniatuur" genoem, aangesien dit so 'n verskeidenheid landskappe het: kuslyn, fjorde, woude, landbougrond en berggebiede. Die administratiewe sentrum van die munisipaliteit is die dorp Leirvik, wat ook die grootste dorp in die munisipaliteit en die hele streek van Sunnhordland is. Leirvik is in 1997 tot 'n dorp verklaar. Ander bevolkingsentrums in die munisipaliteit sluit die groot gehug Sagvåg en die kleiner gehugge Litlabø en Grov in.[3]
Die 144 km2-munisipaliteit is die 316de grootste volgens oppervlak uit die 356 munisipaliteite in Noorweë. Stord is die 68ste mees bevolkte munisipaliteit in Noorweë met 'n bevolking van 18 759. Die munisipaliteit se bevolkingsdigtheid is 136,5 per km2 en die bevolking het gedurende die vorige tien jaar met 6,8% toegeneem.[4][5]