Streltsi | |
---|---|
Plaaslike naam | Стрельцы |
Datum bedrywig | 1550-1720 |
Land | Tsaredom Rusland |
Soort | Infanterie |
Deel van | Russiese weermag |
Garnisoen | Moskou |
Beskermheer | Sint Joris |
Oorloë | Beleg van Kazan Lyflandse Oorlog Slag van Molodi Pools-Moskouse Oorlog (1605-'18) Smolensk-oorlog Russies-Poolse Oorlog (1654-'67) Groot Nordiese Oorlog |
Merkwaardige aanvoerders | Iwan die Verskriklike |
Die streltsi (Russies: стрельцы; letterlik "skutters"; enkelvoud: стрелец, strelets) was die eenhede van Russiese skutterinfanterie van die 16de tot die vroeë 18de eeu en ook 'n sosiale sektor waaruit personeellede vir streltsi-troepe tradisoneel gewerf is. Hulle was ook gesamentlik bekend as streletskoje woisko (стрелецкое войско, "skutterleër") en het ander eenhede versterk. Die eerste eenhede is deur Iwan die Verskriklike gevestig as deel van Rusland se eerste staande mag.[1]