Die woord stuurkajuit (Engels: cockpit) word hoofsaaklik geassosieer met die ruimte aan die voorkant van 'n vliegtuig waaruit die vlieëniers die vliegtuig beheer.
Daar word ook na die kajuit in die nuutste generasie vliegtuie verwys deur die Engelse term glass cockpit. Die bykomende "glass" verwys na die gebruik van skerms soos CRT's of LCD's om die vlieënier in te lig oor die toestand van die vliegtuig. Hierdie skerms het 'n groot aantal los analooginstrumente vervang. Die beelde toon 'n tradisionele kajuit (links) en 'n glaskajuit (regsonder).
Die grootste voordeel van 'n glaskajuit bo 'n tradisionele kajuit is dat alle inligting wat nodig is vir 'n vlug in 'n oogopslag besigtig kan word, en indien nodig, kan addisionele inligting aangevra word.