Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.
Swartdwerg
Sterevolusie; ’n swartdwerg is regs onder te sien.
’n Swartdwerg is ’n hipotetiese steroorblyfsel wat gevorm word wanneer ’n witdwerg so koel geword het dat dit nie meer veel hitte of lig uitstraal nie. Aangesien die tyd wat nodig is dat ’n witdwerg dié toestand bereik langer as die ouderdom van die heelal (13,8 miljard jaar) is, bestaan daar na verwagting nog nie swartdwerge nie, en die temperatuur van die koelste witdwerge is een waarneembare perk op die ouderdom van die heelal.[1]
Die naam "swartdwerg" word ook soms gebruik vir bruindwerge in ’n hipotetiese laat stadium – bruindwerge is substellêre voorwerpe wat nie genoeg massa het om die kernreaksie-verbranding van waterstof vol te hou nie (minder as sowat 0,08 sonmassa).[2][3][4][5]