’n Talassokrasie (van die Griekse θάλασσα thalassa, "see", en κρατεῖν kratein, "mag", dus ’n "seemag") is ’n staat met grotendeels ’n seegebied.[1] Tradisionele talassokrasieë oorheers selde binnelandse gebiede, selfs in hulle eie land. Voorbeelde is die Fenisiese state Tirus, Sidon en Kartago in die Middellandse See en die Austronesiese state Srivijaya en Majapahit van Suidoos-Asië. Dit kan onderskei word van tradisionele ryke, waar ’n staat se grondgebied gewoonlik in die binneland instrek, al word dit moontlik hoofsaaklik of slegs deur seelane verbind[2][3] in ’n tellurokrasie ("landgebaseerde leierskap").[4]
Die term kan ook eenvoudig verwys na ’n vlootoppermag, in ’n handels- of militêre sin. Die antieke Grieke het die woord "talassokrasie" die eerste keer gebruik om te verwys na die regering van die Minoïese beskawing, waarvan die mag hoofsaaklik op sy vloot berus het.[5] Herodotos het ’n seemag van ’n landmag onderskei en gepraat van die nodigheid om die Fenisiese talassokrasie teen te staan deur die ontwikkeling van ’n Griekse "seeryk".[6]
Portugal's was in every sense a seaborne empire or thalassocracy.