Die Thor-Able was ’n eenmalige lanseringsvoertuig wat nie weer gebruik kan word nie. Dit was gebruik vir 'n reeks atmosfeer her-binnedring en satelliet lanserings vanaf 1958 tot 1960. Dit was 'n twee-stadium vuurpyl en het bestaan uit 'n PGM-17 Thor ballistiese missiel as die eerste stadium en 'n aangepaste Vanguard vuurpyl as die tweede stadium. Met sekere sendings was 'n Altair soliedestaat vuurpyl aangeheg as die derde stadium. Die vuurpyl was deel van die Thor-vuurpyl familie en vroeëre voorloper van die Delta-vuurpyl familie.[1][2]