Tswanas | |
---|---|
'n Tlhapingkaptein en sy vrou, soos waargeneem deur eerw. John Campbell by "New Lattakoo" (Kuruman) in die eerste helfte van die 1800's. | |
Totale bevolking: | 5 500 000 |
Belangrike bevolkings in: | Suid-Afrika 4 067 248[1] |
Taal: | Tswana |
Geloofsoortuiging: | Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens |
Verwante etniese groepe: | Basotho (Suid-Sotho-sprekers), Noord-Sotho's (Noord-Sotho-sprekers) |
Die Tswana (Tswana: Batswana, enkelvoud Motswana) is dié groep onder die Sotho's wat die heel noordwestelike gedeelte van Suid-Afrika en die hele Botswana bewoon. Die Tswana behels verskeie groeperings, waarvan die belangrikste die Hurutshe, Kgatla, Kwena, Rolong, Thlaping en Tlokwa is.
Alhoewel die Tswana die dominante etniese identiteit in Botswana is, word die land se hele bevolking gekenmerk as BaTswana, ongeag hul etniese oorsprong. Alhoewel geen amptelike poging nog ooit aangewend is om die bevolking volgens etniese oorsprong te tel nie, is minder as die helfte van die bevolking van Botswana waarskynlik "etnies Tswana" van oorsprong.