Turaida | |
---|---|
Die kerk van Turaida | |
Koördinate: 57°11′N 24°50′O / 57.183°N 24.833°O | |
Land | Letland |
Historiese landskap | Lyfland |
Streek | Siguldas novads |
Tydsone | UTC+2 (OET) |
• Somertyd | UTC+3 (OEST) |
Turaida (Duits: Treyden of Treiden, selde Thoraida) is 'n klein nedersetting en voormalige landgoed aan die oewer van die Gauja-rivier en wat sedert 1953 deel uitmaak van die stad Sigulda, Letland. Die naam beteken "Tuin van God". Die stadsdeel staan veral bekend vir die gelyknamige kasteel bo-oor die Gauja-vallei. Daar is ook ´n gelyknamige dorp met die naam Turaida in die distrik van Krimulda.