Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Tweevlerkiges

Diptera
Verskillende soorte tweevlerkiges
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Diptera

Subordes

Tweevlerkiges (Diptera) is 'n orde van insekte waaraan alle vlieë (Brachycera) en muggies (Nematocera) behoort. Die naam Diptera is van Grieks afgelei: di = twee, en ptera = vlerke.

Tweevlerkiges kom wêreldwyd voor en word deur honderdduisende spesies verteenwoordig, wat in verskillende vorme voorkom en 'n breë spektrum van lewenswyses dek. Vlieë (Brachycera) en muggies (Nematocera) is soms moeilik uitkenbaar, omdat muggieagtige (fyn) vlieë baie soos vliegagtige (grofgeboude) muggies lyk.

'n Vlieg
'n Langpoot-muggie

Alle ander ordes van insekte (behalwe die baie klein orde van Strepsiptera) het nul of vier vlerke. Die tweede paar vlerke van tweevlerkiges is tot halters gewysig. Halters is klein, soms knotsvormige orgaantjies agter die vlerke wat veral maklik by langpoot-muggies waargeneem kan word. Net soos ander insekte het die tweevlerkiges een paar pote per borssegment, wat beteken dat hulle ses pote het.

Die tweevlerkiges is een van die suksesvolste ordes van insekte; ongeveer 160 000 spesies is al beskryf. Hulle is dikwels goeie vlieërs met 'n kort lewensduur. Hulle ondergaan 'n volledige gedaanteverwisseling: die larwes wat uit die eiers broei is dikwels pootloos en wurmagtig. Vlieglarwes word maaiers genoem.


Previous Page Next Page






ዝንብ AM Diptera AN Flēoge ANG ذوات الجناحين Arabic ذوات الجناحين ARZ Diptera AST Mantcocak ATJ Chhichhillanka AY İkiqanadlılar AZ میلچک AZB

Responsive image

Responsive image