Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Universiteit

Gradeplegtigheid by die Oxford-universiteit.
Die Universiteit van Helsinki (Finland).
UNISA se hoofgebou in Pretoria.

'n Universiteit is 'n instansie vir hoër onderwys en navorsing waar studente akademiese grade kan verwerf. Die woord universiteit is afgelei van die Latyns "universitas magistrorum et scholarium", wat rofweg beteken "gemeenskap van onderwysers en skoliere".[1]

Mense kan by 'n universiteit inskryf om 'n graad te verwerf. In teenstelling met skoolonderrig is opleiding by universiteite meer gespesialiseerd. So sal 'n persoon wat biologie aan 'n universiteit studeer verskeie modules oor biologie en verwante onderwerpe deurloop, maar min indien enige oor ander onderwerpe soos tale en geskiedenis.

Universiteite bied beide voorgraadse en nagraadse onderrig. Nagraadse studies konsentreer meestal op navorsing.

  1. Google eBoek oor die Encyclopedia Britannica

Previous Page Next Page






Universidat AN Eormengyld ANG جامعة Arabic ܒܝܬ ܨܘܒܐ ARC جامعه ARZ Universidá AST Universitet AZ بیلیم یوردو AZB Uni BAR Unipersitas BBC

Responsive image

Responsive image