Vervoerbande is installasies waarmee goedere en materiale oor kort afstande vervoer word. Die arbeidsbesparing wat dit meebring, vergoed binne 'n kort tyd vir die oprigtingskoste van die band. Moderne vervoerbande (roltrappe) word ook vir die vervoer van mense in gebouekomplekse gebruik.
Vervoerbande word vir die deurlopende vervoer van goedere gebruik sander om van byvoorbeeld trollies, waens of ander voertuie gebruik te maak. Dit word veral vir massavervoer (graan, steenkool, sement, ensovoorts) en by verpakkingsaanlêe gebruik. In spesiale gevalle word dit ook vir die vervoer van onderdele in monteringsaanlêe en vir die vervoer van mense gebruik. Die vervoerband bestaan gewoonlik uit 'n aaneenlopende band of 'n band met segmente (rusperband) wat oor rollers beweeg. Die band word aan die kante deur skuinsstaande rollers ondersteun ten einde te voorkom dat iets daaruit val.
Bekende vervoerbande is die volgende: