Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Voetpad

'n Voetpad is 'n pad wat alleenlik deur voetgangers gebruik is. Daar is verskeie soort voetpaaie - voetpaaie wat langsaan 'n gewone pad loop, voetpaaie wat deur beboude gebiede loop, voetpaaie wat deur die platteland loop ensovoort.

In baie dele van die wêreld gaan voetpaadjies al duisende jare terug. In Engeland, byvoorbeeld, dateer sommige voetpaadjies terug tot 5000 vC. Voordat mense perde of karre begin gebruik het, was voetpaaie die enigste manier waardeur hulle van een dorp na 'n ander kan beweeg.[1]

Deesdae is daar baie paaie sypaadjies (wat eintlik ook voetpaadjies is) om voetgangers en voertuigverkeer van mekaar te skei. Op sommige paaie is sulke sypaadjies, veral in stedelike gebiede, geplavei, maar veral op die platteland kan die sypaadtjie dalk net 'n oop strook land aan die kant van die pad wees. In groot dorpe is baie paaie wat vroeër deur voertuie gebruik is, na voetganger-alleen-deurgange omgeskep.

Sommige voetpaaie wat deur die platteland loop word deur die plaaslike bevolking vir alledaagse doeleindes gebruik maar andere voetpaaie, veral dié in natuurreservate, word vir ontspanningsdoeleindes gebruik. Sulke voetpaaie is ook as staproete bekend en word dikwels deur die natuurreservate owerhede ondergehou.

  1. "Cambridgeshire walks: History of footpaths" (in Engels). Cambswalks.blogspot.ca. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2017. Besoek op 7 Junie 2019.

Previous Page Next Page






مسار المشاة Arabic ফুটপাত Bengali/Bangla Pěšina Czech Gangsti Danish Footpath English Senda Spanish Oinbide EU پاراه FA पैदलपथ HI Pješačka staza Croatian

Responsive image

Responsive image