Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Vulkanisering

Vulkanisering van isopreen

Rubber het die eienskap om met swawel en hitte gevulkaniseer te word, wat die klewerigheid verwyder en dit harder en meer elasties maak in die geval van lae swaelverbindings. Alle natuurlike rubber behalwe kleefrubber is dus gevulkaniseerde rubber. [1]

Vulkanisering is 'n chemiese proses waarby die rubber se losse, lineêre polimeerkettings deur kort swawelkettings sydelings verbind word en 'n driedimensionele netwerk gaan vorm. Hierdie kruisbindings verander die eienskappe van die materiaal baie.

  1. Brady & Clouser. Materials Handbook (12de uitg.). McGraw-Hill. 1986, p 689

Previous Page Next Page