WV22 | ||
Grafkelder van Amenhotep III | ||
Die kop van Amenhotep III teen die mure van WV22; nou in die Louvre. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | Voor 1799 | |
Uitgrawings deur | Theodore M. Davis Howard Carter (1915) Waseda-university (1989-tans) | |
Versiering | Amdoeat | |
← Vorige WV21 Volgende →
WV23 |
WV22, ook bekend as KV22, is 'n grafkelder in die westelike deel van die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit bevat die graf van die laaste farao van die 18de Dinastie, Amenhotep III. Die grafkelder is uniek deurdat dit twee bykomende grafkamers het vir die farao se vroue, Tije en Sitamoen (wat ook sy dogter was). Dit is amptelik ontdek deur Prosper Jolloisen Édouard de Villiers du Terrage, ingenieurs in Napoleon se ekspedisie na Egipte in Augustus 1799, maar was waarskynlik voorheen reeds oop. Die sarkofaag word vermis.
Uitgrawings is die eerste keer deur Theodore M. Davis gedoen, maar die besonderhede het verlore gegaan. Die eerste aangetekende uitgrawings was deur Howard Carter in 1915. Sedert 1989 doen 'n Japannese span van die Waseda-universiteit onder leiding van Sakuji Yoshimura en Jiro Kondo werk aan die grafkelder.
Die grafkelder se uitleg volg dié van sy voorgangers Amenhotep II (KV35) en Toetmoses IV (KV43); die versiering is egter van 'n beter gehalte. Verskeie beelde van die farao se kop is uit die muur gesny en kan vandag in die Louvre besigtig word.