Die Waterberg is 'n bergreeks in Limpopo, Suid-Afrika. Dit strek ongeveer oos vanaf Thabazimbi tot by Mokopane (Potgietersrus). Die gemiddelde hoogte van die bergreeks is 600 m met enkele pieke wat 1 400 m bo seevlak is. Vaalwater is net noord van die bergreeks.