Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Watermetabolisme

Watermetabolisme is al die prosesse in lewende organismes waarby water betrokke is. Daar word algemeen aanvaar dat lewe in water ontstaan het en water is vandag nag 'n lewensnoodsaaklike verbinding vir alle organismes. Alle organismes bestaan grotendeels uit water en water speel ook 'n belangrike rol in algemene metabolisme.

Dit is die oplos- en vervoermiddel vir minerale, ander voedingstowwe, hormone en ander noodsaaklike stowwe. Saam met koolsuurgas vorm dit die grondstof vir fotosintese, die proses waardeur groen plante organiese voedingstowwe produseer. Water vorm die vernaamste bestanddeel van alle lewende organismes en dit kan tot 98 % van 'n organisme (in die geval van jellievisse) beslaan. By metabolies byna onaktiewe droë sade beslaan dit slegs ongeveer 5 %.

Die proses van osmose is daarvoor verantwoordelik dat water altyd van 'n lae soutkonsentrasie (hoë waterkonsentrasie) na 'n hoë soutkonsentrasie (lae waterkonsentrasie) beweeg. Varswaterorganismes het daarom dikwels spesiale reguleringsmeganismes ten einde te voorkom dat hulle die hele tyd water inneem, terwyl mariene organismes dikwels meganismes het om te voorkom dat hulle -water verloor.


Previous Page Next Page