Wolgarivier | |
---|---|
Die Wolga, die langste rivier in Europa. | |
Die stroomgebied van die Wolga. | |
Oorsprong | Wolgowerchowje (Rusland) |
Monding | naby Astrachan, Rusland, in die Kaspiese See |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 3 692 km (2 294 myl) |
Oorspronghoogte | 225 m (738 voet) |
Mondinghoogte | -28 m (-92 voet) |
Gemiddelde afloop | 8 060 m³/s (284 636 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 1 380 000 km² (532 821 myl²) |
Kaart van die Wolga-bekken in Europa.
|
Die Wolga (Russies: Волга) is die langste rivier in Europa. Dit vloei deur die Europese deel van Rusland en word wyd beskou as die land se nasionale rivier. Van die twintig grootste stede in Rusland is elf in die Wolga se stroomgebied geleë – ook die hoofstad Moskou. Van die wêreld se grootste opvangsdamme is aan die rivier.