Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 18 Augustus - 6 Oktober |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (11 titels) |
Wedstryde gespeel | 12 |
Drieë gedruk | 44 (3.67 per wedstryd) |
Bywoning | 522 120 (43 510 per wedstryd) |
Meeste punte | Dan Carter (58) |
Meeste drieë | Bryan Habana (7) |
← 2011 2013 → | |
Die 2012-Rugbykampioenskapsreeks was die eerste jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 18 Augustus tot 6 Oktober 2012 gespeel. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die elfde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan. Dit is van die vorige Drienasiesreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]