Die 2013 Formule Een Maleisiese Grand Prix is op 24 Maart 2013 in Sepang, Maleisië, gehou. Dit was die tweede wedren van die kampioenskapseisoen en is deur Sebastian Vettel in sy Red Bull Renault gewen.