61 Cygni | ||||
Die sterveld om 61 Cygni. | ||||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Spektraaltipe | K5V / K7V | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 06m 53,9434s / 21h 06m 55,2648s | |||
Deklinasie | +38° 44′ 57,898″ / +38° 44′ 31,400″ | |||
Skynmagnitude (m) | 5,21 / 6,03 | |||
B-V-kleurindeks | 1,139 / 1,320[1] | |||
U-B-kleurindeks | 1,155 / 1,242[1] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,7 / 0,63 | |||
Radius (R☉) | 0,665 / 0,595 | |||
Ligsterkte (L☉) | 0,153 / 0,085 | |||
Ouderdom (jaar) | 6,1 miljard | |||
Temperatuur (K) | 4 526 / 4 077 | |||
Afstand (ligjaar) | 11,41 | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | Dubbelster | |||
Ander name | ||||
61 Cyg A/B: GJ 820 A/B, Struve 2758 A/B, ADS 14636 A/B, V1803 Cyg A/B, GCTP 5077.00 A/B 61 Cyg A: V* V1803 Cyg, HD 201091, HIP 104214, HR 8085, BD+38°4343, LHS 62, SAO 70919
[2] 61 Cyg B: HD 201092, HIP 104217, HR 8086, BD+38°4344, LHS 63 [3] | ||||
|
61 Cygni is ’n dubbelster in die sterrebeeld Swaan en een van die naaste sterre aan die Aarde. Dit bestaan uit twee Klas K-dwergsterre wat om mekaar wentel in 'n periode van sowat 659 jaar. Teen die 5de en 6de skynbare magnitude is hulle van die mees onopsigtelike sterre aan die naghemel vir iemand sonder ’n optiese instrument.
61 Cygni het die eerste keer die aandag van sterrekundiges getrek met sy groot eiebeweging. In 1838 het Friedrich Wilhelm Bessel sy afstand van die Aarde af geraam op 10,4 ligjare, baie naby aan die werklike afstand van sowat 11,4 ligjare. Dit was die eerste afstand van ’n ster naas die Son wat geraam is,[4] en die eerste ster waarvan die parallaks gemeet is. Deur die 20ste eeu het verskeie sterrekundiges gemeen daar is ’n planeet met ’n groot massa om een van die twee sterre, maar onlangse hoëpresisie-waarnemings het getoon dit is nie die geval nie.[5][6][7] Tot op datum is geen bevestigde planeet nog in die stelsel gevind nie.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)