Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Abazyns

 
Abazyns
абаза бызшва, abaza byzšwa
Gepraat in: Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Turkye Turkye 
Gebied: Karatsjai-Tsjerkessië
Totale sprekers: 47 880[1]
Taalfamilie: Noordwes-Kaukasies
 Abazgi
  Abazyns 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet
Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Rusland Rusland
Gereguleer deur: geen
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NE Nie bedreig nie
Dit is 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: abq

Abazyns (абаза бызшва, Abaza Bizsjwa; Adigies: абазэбзэ) is ’n taal van die Abazyne van die Kaukasus-gebergte in die Republiek van Karatsjai-Tsjerkessië in Rusland. Dit bestaan uit twee dialekte, die Asjcherewa en die Tap'anta, wat die letterkundige standaard is.

Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Die taal word deur sowat 35 000 mense in Rusland gepraat waar dit in ’n aangepaste Cyrilliese alfabet geskryf word. Dit word ook deur sowat 10 000 mense in Turkye gepraat waar dit in die Latynse alfabet geskryf word.

Abazyns is, nes ander tale in die Noordwes-Kaukasiese taalfamilie, hoogs agglutinerend – dit het talle medeklinkers (63 foneme) en net twee klinkers. Dit is nou verwant aan Abchasies, maar het ’n paar foneme wat nie in Abchasies voorkom nie.

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Abaza". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2019. Besoek op 22 Augustus 2020.

Previous Page Next Page