Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Abe Williams

Abe Williams

Minister van Volkswelsyn en -ontwikkeling
Ampstermyn
1994 – 1996
President Nelson Mandela

Minister van Sport en Ontspanning
Ampstermyn
1993 – 1994
President F.W. de Klerk

Persoonlike besonderhede
Gebore 12 Desember 1940 (1940-12-12)
Politieke party Arbeidersparty,
Nasionale Party

Abraham (Abe) Williams (12 Desember 1940, Saldanha, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse politikus uit die bruin gemeenskap, sekretaris van die Suid-Afrikaanse Rugbyfederasie (1972-1988), lid van die kamer van verteenwoordigers van die driekamerparlement vir die kiesafdeling van Mamre (1984-1994) en lid van die nasionale vergadering (1994-2000).

Hy was ook die adjunkminister van onderwys en kultuur in die kamer van verteenwoordigers (1989-1991) en adjunkminister vir nasionale onderwys (1991-1992), waarna hy minister van onderwys en kultuur (1992-1993) en maatskaplike sake (1993-1994) in die Huis van Verteenwoordigers was voordat hy Minister van Sport (1993-1994) in die De Klerk-regering en Minister van Volkswelsyn en -ontwikkeling (1994-1996) in die Mandela-kabinet geword het.


Previous Page Next Page






Abe Williams English Abe Williams French

Responsive image

Responsive image