Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Abia

Abia

Abia (Hebreeus "my vader is Jah". "Jah" is ´n afkorting van "Jahwe") was die tweede koning van die koninkryk van Juda en het 3 jaar regeer (913 tot 911 voor Christus). Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Rehabeam. Volgens 2 Kronieke 13 het hy soos sy vader afgode aanbid maar tydens die oorlog teen koning Jerobeam I van Israel het hy op die Here gesteun. Die oorlog aan die begin van sy ampsperiode was ´n poging om beide lande weer te herenig. Ondanks die groot oormag van Jerobeam het Abia geseëvier en 500 000 soldate van Israel het gesneuwel. Abia het die stede Bethel, Jesana en Efron verower. Die Here het hom "ter wille van Dawid" die oorwinning oor Jerobeam I gegee (2 Kronieke 13).

Abia se moeder was Maäga/ Migaja wat in 1 Konings 15: 2 die "dogter van Abisalom" en 2 Kronieke 13: 2 "die dogter van Uriël uit Gibea" genoem word. Daar word vermoed dat Uriel moontlik Absalom se skoonseun was en dat Maäga/Migaja gevolglik Absalom se kleinkind sou gewees het.

Volgens oorlewering het Abia 14 vrouens, 22 seuns en 16 dogters gehad. Hy is opgevolg deur sy seun Asa.


Previous Page Next Page






أبيام Arabic ابيام ARZ ابیا (یهودیه) AZB Авія BE Авія BE-X-OLD Aviyam BR Abies de Judà Catalan Abijám Czech Abija German Αβιά Greek

Responsive image

Responsive image