Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Abraham van der Merwe

Abraham van der Merwe
Dr. Van der Merwe was ’n sleutelfiguur in die NG Kerk in die middel van die twintigste eeu, vyf maal Kaapse moderator en 40 jaar lank leraar van die NG gemeente Kaapstad.
Abraham van der Merwe

Naam Abraham Johannes van der Merwe
Geboorte 13 April 1897
Calvinia
Sterfte 23 April 1978 (op 81)
Oranjezicht, Kaapstad
Kerkverband Nederduits Gereformeerd
Gemeente(s) Kaapstad
Jare aktief 1926-1966
Kweekskool Stellenbosch

Dr. Abraham Johannes van der Merwe (13 April 1897, distrik Calvinia - 23 April 1978, Oranjezicht, Kaapstad) was een van die bekendste figure in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, is vyf maal agtereenvolgens deur die Kaapse Sinode tot moderator verkies, was voorsitter van die eerste Algemene Sinode in 1962 en was op drie maande na 40 jaar lank leraar van die NG gemeente Kaapstad. Hy het hom ook onderskei as voorsitter van die sentrale feeskomitee van die Van Riebeeckfees in 1952.


Previous Page Next Page






Abraham van der Merwe French

Responsive image

Responsive image