| ||||
![]() | ||||
Hoofstad | Philippolis | |||
Taal/Tale | Nederlands, Afrikaans | |||
Regering | Republiek | |||
Kaptein | Adam Kok III | |||
Geskiedenis | ||||
- Gestig | 1825 | |||
- Britse anneksasie | 1848 | |||
- Gebied verlaat | 1861 |
Adam Koksland is 'n voormalige Griekwarepubliek in die omgewing van Philippolis, wat tans deel van Suid-Afrika vorm. Adam Koksland is tot en met die Britse anneksasie in 1848 deur die Griekwakaptein Adam Kok III regeer. In 1861 verlaat Kok en sy volksgenote die gebied om Griekwaland-Oos te stig.