Adi Parashakti | |
---|---|
'n 18de-eeuse skildery van Adi Parashakti uit Bikaner, Rajasthan | |
Godin van kosmiese energie; moedergodin | |
Devanagari | आदि पराशक्ति |
Affiliasie | Para Brahman (Shaktisme), Shakti, Parvati, Lakshmi, Saraswati, Durga, Kali, Radha, Tripura Sundari[1] |
Woonplek | Manidvipa |
Mantra | Om aim hreem shreem kleem[2] |
Wapen | Pasha, ankusha, chakra, shankh, drietandvurk en bidsnoer |
Metgesel | Shiva |
Adi Parashakti (Sanskrit: आदि पराशक्ति, Ādi Parāśakti) is ’n term wat beteken oerenergie of oerkrag en dui op die opperste godin of goddelike moeder in Hindoeïsme.[3] Daar word ook na die godin verwys as "Parama Shakti", "Adi Shakti", "Mahashakti" of net "Shakti". Shaktas glo Adi Parashakti is die opperwese, wat geopenbaar word as die driedubbele godin Saraswati, Lakshmi en Parvati. In Shaivisme word Parvati as haar primêre vorm beskou en in Vaishnavisme Lakshmi of Radha.[4]