IATA-kode | SU |
ICAO-kode | AFL |
Gestig | 9 Februarie 1923 |
Hoofkwartier | Moskou |
Hooflughawe | Sjeremetjewo |
Aantal vliegtuie | 177 |
Aantal passasiers | 11,2 miljoen (2010) |
Alliansie | SkyTeam |
Bestemmings | 146 (voor Feb 2022) 58 lande |
Webtuiste | (ru) www.aeroflot.ru (en) www.aeroflot.ru |
Aeroflot (Russies: ОАО «Аэрофлот - Российские авиалинии») is die grootste lugdiens van Rusland. Tydens die Sowjetunie se bestaan was dit die grootste lugredery ter wêreld – op sy hoogtepunt in 1991 het die vloot uit 1 600 vliegtuie bestaan. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie is die maatskappy in tientalle kleiner maatskappye opgedeel, waarvan baie sedertdien bankrot gespeel het. Aeroflot het tans sowat 200 vliegtuie en vlieg na 146 bestemmings in 58 lande. Die Sjeremetjewo Internasionale Lughawe by Moskou is die lugdiens se hooflughawe.