Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Africana

Rust en Vreugd, waarin 'n deel van die William Fehr-versameling gehuisves word.
Mabel Jansen, politikus, skrywer, kultuurleier en opvoedkundige, was ’n kranige versamelaar van Kaapse silwer, Kaapse meubels en erdewerk, en van skilderye van al die groot skilders van daardie tyd. Daar was selfs stukke uit die tyd van die VOC, Kaapse erdewerk, ens. in die Jansen-versameling.
Die amptelike program vir die inwyding van die Voortrekkermonument is maar een van die aandenkings van die monument se inwyding wat 'n gewilde versamelstuk geword het. Bakkies, asbakkies, lapelwapens, 'n platestel en allerlei ander aandenkings is ook in 1938, tydens die simboliese ossewatrek, uitgereik.
Eerw. Andries Dreyer se derde gemeentelike gedenkalbum, Kerksouvenir van Durbanville, 1826–1926, is 'n voorbeeld van 'n gemeentelike gedenkboek wat die potensiaal het om as Africana versamel te word.
Met die NG gemeente Grahamstad se vyftigjarige bestaan in 1966 het die kerkraad dié bordjie laat vervaardig by die plaaslike Grahamstown Potteries Limited. Dit het Africana-potensiaal.

Africana is antikwariese artikels wat afkomstig is uit of betrekking het op Afrika. Hierdie voorwerpe is dikwels van groot waarde veral omdat hulle van historiese belang is en versamelaars bereid is om hoë pryse daarvoor te betaal.


Previous Page Next Page






Africana (artifacts) English Africana (artifacts) HA Africana IG Africana Swahili

Responsive image

Responsive image