Afrika-selakant | |
---|---|
Latimeria chalumnae | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Orde: | Coelacanthiformes |
Familie: | Latimeriidae |
Genus: | Latimeria |
Spesie: | L. chalumnae
|
Binomiale naam | |
Latimeria chalumnae J.L.B. Smith, 1939
| |
L. chalumnae voorkoms in rooi |
Die Afrika-selakant (Latimeria chalumnae) is 'n vis wat in klein getalle in die Indiese Oseaan voorkom. Weens hul verwantskappe en opsigtelike ooreenkomste met selakante wat sedert die vroeë Devoon ontstaan het, word hulle "lewende fossiele" genoem. In Engels staan dit onder meer as die African coelacanth bekend.