Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Akwarium

'n Akwarium in Monaco

'n Akwarium is 'n bak met water waarin onderwater plante en diere deur mense aangehou word. Die akwarium kan 'n klein watertenk wees, of 'n groot gebou met een of meer tenks. Akwariums word gebruik om dier- en plantspesies te kweek, te versorg of ten toon te stel. Die wande is gewoonlik van glas of ander deurskynende materiaal gemaak waardeur gesien kan word. Spesiale stelsels word gebruik om 'n stabiele ekologiese omgewing te bewerkstellig (soos waterfilters, termostate, verwarmers, ligte, ens.).

Soutwater-akwariums word gebruik om seelewe aan te hou, terwyl varswater-akwariums gebruik word vir die aanhou van spesies wat natuurlik in riviere en damme voorkom.


Previous Page Next Page