Alcatraz | |
---|---|
![]() Lugbeeld van Alcatraz | |
Geografie
| |
Ligging | San Franciscobaai |
Koördinate | 37°49′36″N 122°25′22″W / 37.82667°N 122.42278°W
|
Administrasie | |
![]() | |
Deelstaat | ![]()
|
Alcatraz-eiland is 'n klein, rotsagtige eiland in San Francisco-baai in Kalifornië in die Verenigde State van Amerika, sowat 2 km van die kus af.[1] Die eiland het aanvanklik in die middel 19de eeu 'n vuurtoring gehuisves, daarna 'n militêre fort, toe 'n militêre tronk en laastens, van 1934 af, 'n federale gevangenis. In 1963 is dit tot 'n museum verklaar.
Die eiland is hoofsaaklik bekend vir sy eertydse tronk. Weens die sterk seestrome in die baai en die uiters streng reëls vir gevangenes was dit bykans onmoontlik om daaruit te ontsnap. Dit het een van die berugste tronke in Amerika geword.[2]
Van November 1969 af is die eiland vir langer as 19 maande deur 'n groep Indiane beset. Hulle was aanvanklik van San Francisco, maar later ook uit ander dele van die land. Die aktiviste het gemeen die eiland kwalifiseer as grond wat deur die Indiane teruggeneem kon word kragtens 'n verdrag van 1868. In 1986 is die eiland aangewys as 'n nasionale historiese landmerk.
Die naam Alcatraz kom van die oorspronklike Spaanse naam vir die eiland, Isla de los alcatraces ("Eiland van die pelikane"). Die naam is deur die Spaanse ontdekkingsreisiger Juan Manuel de Ayala aan die eiland gegee nadat hy opgemerk het groot hoeveelhede pelikane broei daar.
Alcatraz is een van talle eilande in San Francisco-baai. Volgens 'n dokumentêr van 1971 oor Alcatraz se geskiedenis is die eiland 511 x 180 m en is dit op sy hoogste punt tydens gemiddelde gety 41 m.[3] Die algehele oppervlakte is 8,9 ha.[1] Die seevoëlkolonie bestaan hoofsaaklik uit Kaliforniese meeue, kormorante en egrette.
Landmarke op die eiland sluit in die tronk se hoofselblok, eetsaal, die vuurtoring, die ruïnes van die hoofbewaardershuis en gemeenskapsaal, die paradegrond, gebou 64, die watertoring, die twee nywerheidsgeboue en die buitenste ontspanningsarea.
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)