Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Aliwal-bank

Onderwaterboog by die Cathedral-duikplek naby Umkomaas.

Die Aliwal-bank is 'n rotsagtige rif in die Indiese Oseaan, baie naby die oppervlakte, sowat 4 km vanaf Umkomaas langs die KwaZulu-Natalse kus. Die rif is sowat 1.5 km by 1 km groot. Die bank is 2.7 m (1½ vaam) diep op sy vlakste plek. Verskeie skepe het reeds hier gestrand onder andere die Amy lykes in 1970 en die Nebo op haar nooiensvaart in 1884. Die rif is vernoem na die bark Aliwal wat die rif die eerste keer in 1849 waargeneem het. Dié bank is een van die rykste diepseevisvangsgebiede langs die suidkus. Dit is ook gewild onder skubaduikers. Die Green Pointvuurtoring is opgerig om skeepsverkeer te waarsku oor die gevaar.


Previous Page Next Page






Aliwal Shoal German Aliwal Shoal English Aliwal Shoal Spanish

Responsive image

Responsive image