Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Romanowna en die van is Zacharina-Joerijewa.
Anastasia Romanowna Zacharina-Joerijewa (Russies: Анастасия Романовна Захарьина-Юрьева) (1530 - 7 Augustus 1560) was die eerste vrou van Iwan die Verskriklike van Rusland en die land se eerste tsarina. Sy was die dogter van die bojaar Roman Joerijewitsj Zacharin-Joerijef, van wie die Romanof-dinastie van Russiese monarge sy naam gekry het, en sy vrou Oeljana Iwanowna Karpowa.