Arizona (Engels: State of Arizona) is 'n deelstaat in die suidweste van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad en grootste nedersetting hiervan is Phoenix. As gevolg van grootskaalse binnelandse migrasie en immigrasie (veral uit Meksiko en ander Spaanssprekende lande) het die Metropolitaanse Gebied van Groter Phoenix, ook bekend as Valley of the Sun[1], tot die vyfde grootste stedelike agglomerasie in die Verenigde State gegroei. Sedert 2000 het meer as 'n miljoen nuwe aankomelinge hulle in die gebied gevestig, waarby oorspronklike migrasiepatrone ingrypend verander het. Oorspronklik 'n gewilde bestemming vir afgetredenes uit noordelike deelstate, is Phoenix intussen 'n trekpleister vir jonger migrante en het die persentasie inwoners ouer as 65 jaar tot sowat elf persent gedaal. Groter Phoenix huisves sowat die helfte van Arizona se bevolking.
Arizona het 'n oppervlakte van 295 254 vierkante kilometer en 'n bevolking van 7,3 miljoen. Dit word in die noorde deur Utah, in die ooste deur Nieu-Meksiko, in die suide deur Meksiko (deelstate: Sonora en Baja California), en in die weste deur Nevada en Kalifornië begrens. Arizona is bekend vir sy woestynklimaat met warm somers en gematigde winters. Die Grand Canyon, waardeur die Coloradorivier vloei, wat in die noordoostelike hoek van die staat lê, word as een van die sewe wonders van die wêreld beskou.
Arizona is die 48ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Sy bynaam is The Grand Canyon State.
Muildierruiters op die Bright Angel Trail, 'n panoramaroete in die Nasionale Grand Canyon-park. Die rotsformasies teen die agtergrond is Battleship en Cheops PyramidBarringer-krater, in Engels buite wetenskaplike kringe ook bekend as Meteor Crater, is 'n impakkrater in die noordelike Arizona-woestyn, met 'n diepte van 160 m en 'n deursnee van 1 200 mSononder in die Nasionale Saguaro-park. Saguaros (Carnegiea gigantea), Arizona se ikoniese kaktusse, is wonderplante wat tot 175 jaar oud word en in plaas van blare hul groen planthuid vir die proses van fotosintese gebruik. As swaar reën val, kan hierdie kaktus - Arizona se amptelike staatsblom - 220 gellings water stoor - die voorraad vir 'n hele jaar. Die kaktusse voorsien woestyndiere van voedsel en skuilplekke en het ook 'n belangrike rol in die lewe van plaaslike Eerste Nasies gespeelNá voldoende reënval in die lente begin saguaros blom. Blomme, wat deur saguaros voortgebring word, verwelk reeds die volgende namiddagPhoenix, die hoofstad en grootste nedersetting in Arizona, is in die Valley of the Sun geleë, 'n uitgestrekte metropolitaanse gebied wat onder die grootstes in die Verenigde State gereken word - met Phoenix as ankerstad en nege ander geïnkorporeerde nedersettings. Dit word omring deur woestynstrekeNavajo code talkers in 2010. Die Navajo-kodetaal was die enigste kodetaal van die Amerikaanse Weermag wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog nie deur die vyand onttsyfer kon word nie. Navajo of Diné (soos hulle hulself noem) is die grootste van Amerika se Eerste NasiesSaloon girls in Tombstone, 'n toeristemekka wat die tydperk van die Wilde Weste laat herleefPoskoets in Allen Street, TombstoneArizona is een van die deelstate in die Amerikaanse weste waar 19de eeuse Mormoonse setlaars hulle gevestig het. Vandag is ses persent van die deelstaatbevolking lidmate van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Die foto wys die Kerk se Mesa Arizona Temple met kersversieringsHistoriese geboue uit alle stylperiodes word in Arizona aangetref - daar is nouliks strominge in die hoofstroomargitektuur van Amerika wat nie vinnig deur bewoners in die Frontier-deelstate oorgeneem is nie. Taliesin West was die befaamde argitek Frank Lloyd Wright se winterwoning, ateljee en skool in Scottsdale, vanaf 1937 tot sy afsterwe in 1959. Tans huisves dit die Frank Lloyd Wright Foundation en die hoofkampus van die Frank Lloyd Wright School of Architecture